top of page
11229412_979235508836292_384932742792289

WELKOM BY

 NG KERK FRANSCHHOEK

MEER OOR ONS
Dutch_Reformed_Church_Franschhoek-005.jp

MEER OOR ONS

Franschhoek is ‘n unieke dorpie in die ou “Olifantshoek”.

Hier is die geloofsgemeenskap al oor die 175 jaar oud.

Die eens rustige boerdery gemeenskap waar boere en werkers saam ‘n lewe gemaak het, is nou anders. Ons het deesdae al die elemente van 'n stad, maar die mooie omgewing het gebly. Die boere en plaasarbeiders is minder en het plek gemaak vir ander besighede, hoofsaaklik gasvryheid en boetiek plasies. Die gevolg is dat ons konteks in die laaste dekades of twee baie verander het. Die eens homogene gemeenskap en gemeente het plek gemaak vir ‘n heterogene gemeenskap. Dit is hoe die konteks nou is en hier omhels ons hierdie uitdaging as ‘n geskenk van die tyd.

Dit is hier waar ons ‘n geloofsgemeenskap wil wees wat vanuit die nuwe konteks ons plek wil vind in die Koning se Ryk. Ons probeer hard om dit wat anders is as die verlede nie as verlies te sien nie. Saam met die nuwe konteks het nuwe gesigte in ons dorp ingetrek. Almal mense wat talentvol en vol verrassings is. 

Ons leer opnuut oor gasvryheid en vreemdelinge. Ons leer van oper ruimtes en van die moeilike spasie tussen “ons” en “hulle”.

Ons leer oor verandering en om ‘n minderheidsgroep te wees in ons wonderlike land.

Ons leer dat ons nie meer die tipiese NG gemeente kan wees nie. Ons weet nie wat dit alles inhou nie. 

Ons leer dat die tydlose waarhede nie verniet tydloos geword het nie. .

Liefde vir God en naaste is fundamenteel in die verstaan van ons roeping vir hierdie tyd. Ons het geen ander begeerte as om ‘n geestelike oase te wees waar ons saam die Lewende water ontvang en uitdeel nie. 

PERSONEEL

Ryno Els_edited.jpg

Dr. Ryno Els

Predikant/Reverent

​

VAKANTE POS:

NG GEMEENTE FRANSCHHOEK VAKATURE: ADMINISTRATIEWE BESTUURDER - VOLDAG POS

 

Navrae: Ryno Els

 

Aansoeke met volledige CV, bewys van kwalifikasies en diensrekord en twee onlangse referente.

 

Per epos:

 

rynojels@gmail.com

 

Die werkgewer behou die reg voor om aansoekers se CV en inligting te verifieer en vaardighede te toets.

 

Sluitingsdatum: 2 September 2025 Diensaanvaarding: 1 Oktober 2025

KONTAK ONS

KANTOORURE

Maandae tot Vrydae :

8:30-16:00

Eredienste op Sondae:

Sep - April : 09:00

Mei - Aug: 09:30

Kersdiens : 09:00

bottom of page